Sunday, 16 March 2014

Roos van Saron


ROOS VAN SARON

Openbaring

Tydens paasnaweek 2013 sien ek in die Gees hoe word Jesus gekruisig.  Ek sien die groot houtkruis en wanneer hulle vir Jesus van die kruis afhaal en Hom balsem, verdwyn die houtkruis en in die plek van die kruis verskyn ‘n groot dieprooi roos wat in knopstadium is.  Die roos vat die hele prentjie van die kruis weg, en al wat ek sien is die pragtige roos.  En dan hoor ek God se:  “Jesus is die Roos van Saron”

Nogsteeds in die Gees wys God my dat hulle vir Jesus in ‘n graf gesit het wat God spesiaal vir Hom voorberei het en die graf was in ‘n pratige tuin.  Daar was bloedrooi rose in die tuin en net soos ons roosblare op ‘n graf gooi, het Jesus se mense blare van hierdie boedrooi rose om Hom in die graf gestrooi.  Maar die verskil is:  die roosblare wat ons op ‘n graf gooi, gaan dood en gee nie meer ‘n reuk af nie.  Maar die roosblare wat hulle om Jesus gestrooi het, het vir die 3 dae wat Jesus nog in die graf was, nie doodgegaan nie, dit het bly lewe, want Jesus is Lewe.

Joh 12:3:  " Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare.  En die huis is vervul met die reuk van die salf."  Judas was verontwaardig daaroor en het gese dis verkwisting van kosbare olie, maar Jesus het geantwoord:  V7:  "Laat haar staan;  sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis"  Hierdie nasdusolie waarvan hulle praat, is ‘n tipe roosolie, want ‘n nardus  is ‘n tipe roos.  Dit verwys ook na die Roos van Saron. 

Ek het toe gaan oplees oor hoe ‘n roos van Saron lyk en wat interressant is van hierdie roos is dat dit meer lyk soos ‘n Hibiscus bos en dit het glad nie dorings nie.  Dit dui op die goddelike persoonlikheid van Jesus  - Hy het ander nooit met ‘dorings” gesteek nie, al het hulle Hom ook hoe sleg behandel.   

Die eerste ding waaraan ek dink as ek aan ‘n roos dink, is die lieflike geur wat dit afgee.  Jesus is die Roos van Saron en Hy gee ‘n lieflike geur af.  Efes 5:2:  “wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God TOT ‘N LIEFLIKE GEUR”

UITEENSETTING VAN DIE ROOS VAN SARON

Voordat jy jou hele wese oorgegee het aan God se wil, was jou gees nog  “dood”.  Wanneer jou gees dood of dormant is, het jy nog geleef volgens jou vleeslike natuur en nie volgens die gees nie, dis hoekom ek jou gees beskryf as “dood” or dormant:

Eph 2:1:  “You were once dead because of your failures and sins.  2  You followed the ways of this present world and its spiritual ruler.  This spriritual ruler continues to work in people who refuse to obey God.  3  All of us once lived among these people, and followed the desires of our corrupt nature.  We did what our corrupt desires and thoughts wanted us to do.”   So as jy nog lewe volgens die wêreld se sisteem, is jou gees dood of dormant.  Jy gaan God nie kan voel, hoor of beleef nie, jou geestesoë en ore gaan nog gesluit wees.  Jy hart gaan nog hard wees.                                                    

Maar deur God se groot genade kan Hy weer jou gees lewend maak deur Jesus Christus.  Deur Jesus se gehoorsaamheid aan die kruis, kan God deur Sy genade jou gees lewend maak wanneer jy die keuses maak om jou hele hart vir Hom te gee en in geloof die pad saam met Hom te stap.  God het deur Jesus vir Lasarus weer lewend gemaak en Jesus se woorde was in Joh 11:25:  “Ek is die opstanding en die lewe;  wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe en elkeen wat lewe en in My glo sal nooit sterwe tot in ewigheid nie.”  Om waarlik deur die gees te lewe, moet iets in ons eers sterf. Dit is soos ‘n saadjie wat eers moet sterf voordat dit kan oorgaan tot lewe.  Net soos God vir Jesus laat sterf het om Hom weer te laat opstaan uit die dood, net so sal God jou gees lewend maak wanneer jy waarlik glo, maar vir God om jou gees te laat lewe, moet jy sterf aan jou vlees of aan jouself, jou ou natuur.  Joh 12:24,25:  " Voorwaar, voorwaar Ek se vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen;  maar as dit sterf, dra dit veel vrug.  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor;  maar wie sy lewe haat in hierdie wereld, sal dit bewaar vir die ewige lewe".

Die volgende uiteensettings wat ek gee, is presies hoe God dit aan my kom openbaar het deur visioene en deurdat my ore begin oopgaan het en ek God se stem kon begin hoor. 

SATAN VERBLIND DIE MENS

2 Cor 4:3,4:  So if the Good News that we tell others is covered with a veil, it is hidden from those who are dying.  4  The god of this world has blinded the minds of those who don’t believe.  4  As a result, they don’t see the light of the Good News about Christs glory.  It is Christ who is Gods image.”

Satan verblind die mensdom.  Hy hou die mens so besig met wêreldse dinge dat hulle nie God se heerlikheid en glorie kan raaksien nie.  Hulle beleef en ervaar nie dat Jesus werklik uit die dood opgestaan het en leef nie.  Hulle weet dit staan in die Bybel, maar dis nie vir hulle 'n werklikheid nie.  Hulle gaan kerk toe en "aanbid God" daar, maar hulle glo nie aan 'n Lewende God nie.  Die mensdom glo nie aan 'n God wat vandag nogsteeds wonderwerke doen nie.  En jammer om dit te sê, maar as jy kerk toe gaan, maar nie waarlik glo in ons lewende wonderwerkende God nie, gaan aanbid jy vir Baäl in jou kerk, en nie God die Vader nie.  Al roep jy Hom aan - as jy nie glo Hy lewe nie, is jy besig met Baälisme.  Elkeen moet kom tot op die punt waar jy waarlik en opreg glo Jesus het uit die dood opgestaan, anders gaan dit vir jou net woorde in die Bybel bly, jy moet waarlik beleef hoe Jesus vir elkeen van ons opgestaan het uit die graf uit.  

Satan se grootste missie is om mense se fokus op die wêreld te hou sodat hulle nie vir Jesus sal raaksien en beleef nie.  Satan wil jou siel en gees bedwelmd hou, sodat jy tot in jou diepste wese nie tot die ware besef kom dat Jesus waarlik vir jou opgestaan het nie.

Ons sien in v 4 dat satan die mens verblind om nie Jesus as lewend te sien nie, hulle sinne word verblind, hulle hoor nie God se stem nie en hulle sien nie wat God hulle wil wys nie.  Want dis satan wat die mens probeer weghou van God af.  Hy druk die mens se ore toe, hy blinddoek ons met allerhande nonsens, allerhande wêreldse goed wat nie belangrik is nie.  Hoe dieper jy in die wêreldsisteem ingesuig is, hoe meer dormant gaan jou gees wees.  Die wêreld se goed hou jou so ingesuig en onder bedwelming in 'n spiraal waar jy  al die swart en vuil rook van die besoedelde wêreld inasem.  En dit is presies wat dit doen.  Dit besoedel jou liggaam, siel en gees, dit maak jou duister na binne en dit hou jou gees konstant bedwelmd, sodat jy nie vir Jesus moet raaksien nie.  Jy sien nie God se lig, glorie en heerlikheid raak nie, jy sien nie God se wonderwerkende kragte raak nie.  Die lewe maak nie vir jou sin nie, jy verstaan nie die sin in die lewe nie, jy bevraagteken God… Jy wandel in duisternis en die duisternis het jou verblind (1 Joh 2:11)

As jy weet jy leef in hierdie duistere koninkryk i.p.v in die Koninkryk van Lig, doen moeite elke dag om te gaan stilsit met jou Bybel en vra elke dag vir God om jou te kom losmaak uit die duisternis, en Hy SAL!  God stel ons nie teleur nie.  As jy Hom met 'n rein hart en om die regte redes soek, sal Hy Hom deur jou laat vind.  2 Kronieke 15:2:  "Die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind;  maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat" 

Kom weg uit die wêreld, uit die bedwelming van die wêreldsisteem, kom weg van dit wat jy sien en ruik en inasem in die wêreld en kom op ‘n plek waar jy, (soos God vir my gese het):  “Smell the roses!”  Jy moet vir Jesus voel, hoor en sien, jy moet die Roos van Saron ruik!!!

Soeke na Jesus

Nadat Jesus gekruisig en in die graf geplaas is, het Maria Hom gaan soek om Sy liggaam met olies te smeer.  Die klip voor die graf was weggerol en Jesus was nie meer in die graf nie.  EK kan net dink die emosies en vrae wat deur Maria moes gaan.  Waar is Hy?  Hoeveel van ons vandag vra ook hierdie vraag as ons hartseer rondom ons kyk wat aangaan in die wêreld.  Waar is God?  Ons moet Hom net soek.  Dan sal jy ontdek dat Jesus lewendig geword het en opgestaan het uit die dood.  Die klip voor die graf is weggerol en Hy lewe.  Hy wil lewe in jou hart, maar jy moet Hom soek! 

 Begin om elke dag vir Jesus te soek in die Skrif soos Maria vir Jesus gaan soek het in die graf (Matt 28)  Haar hart was stukkend toe sy besef Jesus is nie waar sy gedink het Hy was nie.  Net so gaan jou hart stukkend wees as jy Hom begin soek en besef jy het Hom nog al die jare in die graf gehou, jy het Hom nooit regtig geken nie,  Hy het vir jou persoonlik nog nooit regtig gelewe nie.  Jy het Jesus op die verkeerde plekke gesoek en Hom nog nooit gevind nie.  Dit gaan nie help jy gaan soek Jesus in die kerk nie, Hy is in geen gebou te vinde nie.  Hand 17:24:  "Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie."  Hy leef binne ons harte.  Dis nie dat Hy NIE binne jou WIL lewe nie,  dis jy wat Hom nog nooit gesoek en toegelaat het om binne jou te leef nie.  Maar wanneer jy Hom soek, en sien die graf is leeg, sal Hy daar wees wanneer jy hartseer omdraai.  Hy SAL Hom laat vind deur jou en jy sal besef Hy leef waarlik. Jou vreugde gaan groot wees wanneer jy besef Hy leef binne jou, want jy gaan Hom voel en hoor binne jou.  Jy sal Sy hart voel klop binne jou.  Sy bloed gaan deur jou are begin bruis.  Jy gaan 'n nuwe skepsel word….

Net soos Maria vir Jesus by die verkeerde plek gaan soek het en hartseer was oor sy Hom nie daar kon kry nie, net so gaan soek die mens Jesus by verkeerde plekke en ook in verkeerde goed.  Jy gaan ook hartseer wees as jy dit besef. Mense is altyd soekend, en hulle besef nie hulle is eintlik op soek na Jesus nie.  Hulle soek dit in wêreldse goed wat net hartseer en verdriet bring.  Maar wanneer hulle op 'n dag besef hulle soek eintlik vir Jesus en besef Hy is nie meer in die graf nie, sal hulle omdraai om weg te loop en dan sal Jesus daar staan!  So dit vat dat jy moet begin soek en besef Hy is nie daar waar jy Hom gesoek het nie.  Dan sal jy omdraai en tot jou verbasing sal Jesus daar staan.   Jesus is gewoonlik op 'n tyd en plek waar jy dit nie verwag nie.  Hy is in die stiltes, nie in donderstorms en buie nie.

Dan eers sal jy tot die ware besef kom dat die klip werklik voor Jesus se graf weggerol is, jy het dit net nog nie in jou gees ervaar nie.  Jy moet vir Jesus gaan soek soos Maria Hom gaan soek het in die graf en wanneer jy Hom waarlik soek, sal jy vind Hy is nie meer in die graf nie, maar het opgestaan uit die dood VIR JOU.  En nou wil Hy binne jou leef. 

Jy gaan tot die skokkende besef kom dat jy vir Jesus in jou lewe heeltyd in die graf gehou het, maar nou is dit jou keuse om Hom “Lewe” te maak in jou lewe.  Die opwinding, die dankbaarheid kan ek nie aan jou beskryf wat jy gaan ervaar die dag as jy Jesus lewend vind nie, as jy besef Hy lewe regtig en Hy kan en wil binne jou lewe.  Die vrede wat jy gaan ondervind, is bo menslike denke, die liefde wat jy gaan eraar by Jesus is bo menslike verduidelikings, mens kan dit nie verduidelik nie.  En jy gaan die rose ruik!

Net soos Jesus vir 3 dae dood was in die graf, was jou gees ook dood voor jy vir Jesus gevind het.  Maar net soos Jesus lewend geword het, gaan God jou gees lewend maak.  Dieselfde God wat vir Jesus lewend gemaak het, gaan jou gees lewend maak.   

2 Cor 14:14:  “We know that the one who brought the Lord Jesus back to life will also bring us back to life through Jesus.”

V 15:  “Gods kindness overflows in the lives of many people, it will produce even more thanksgiving to the glory of God.”

 
Gebed:  Here, ek kniel voor U, die enigste God en Redder, Immanuel – God met ons.  Here, as ek nog nie met ‘n opregte hart voor U kom kniel het en my eie wil aan U oorgegee het nie, kom doen ek dit vandag.  Ek gee my wil, my denke, my emosies, my hele lewe en my hele wese oor aan U.  I surrender 100 times.  Here Jesus, as ek U in die graf gehou het, dalk onwetend, vra ek vergifnis daarvoor.  Vandag rol ek die klip voor die graf weg en ek sien U is nie meer in die graf nie.  U het opgestaan.  U lewe.  En ek gee alles oor aan U.  Kom lewe asb binne my, deur my, laat U bloed vloei deur my are sodat ek vernuwe kan word na U beeld.  Ek gee my hart vir U, ek gee my lewe vir U en ek eer U, want U is Koning.  Amen

 

1 comment: